Julie 2009


Wonder jy soms hoekom seerowers altyd uitgebeeld word met ‘n oogklap?  Wel, in die dae toe die groot vlote die wêreld deurkruis het, en die binnekant van ‘n skip baie donker was, het seemanne dikwels ‘n oogklap oor die een oog gedra.  Daardie oog was dan dadelik gewoond aan die donker as hulle van buite af gekom het.  So het hulle nie waardevolle tyd gemors terwyl hulle eers wag dat hulle oë gewoond raak aan die donker nie, maar bloot die oogklap afgehaal van die “donker” oog, en hulle kon dadelik sien.

Advertisements

Vrouens is glo besig om mooier te word.  En mooi vrouens het glo meer kinders as die minder mooies.  En hulle kinders is meestal dogters, wat dan ook mooi is.  Wat sê dit van die pa van ‘n mooi dogter?