Augustus 2008


Na aanleiding van ‘n vorige inskrywing, hier is ‘n prentjie wat mooi verduidelik wat die verskil is tussen steel, file sharing en piracy:

Let wel, alles op die prentjie is onwettig, maar hierdie prentjie gee mens ten minste die regte basis om die debat oor wat moreel is te begin.

(Eintlik is hierdie prentjie nog meer akkuraat)

Advertisements

Snaaks dat die Amerikaanse en Afrikaanse betekenis van rooinek so verskil.  As mens ‘n standaard foto vir ‘n Amerikaanse redneck soek, kan jy nie veel beter doen as die van Nathan Johnson nie.  Snaakste is dan as dit uitkom dat hy wel ‘n redneck is.  Hy lyk sommer soos iemand wat die eerste swart kandidaat vir Amerika se presidentsverkiesing wil doodmaak.  Hoe het hy gedink gaan hy daarmee wegkom as hy lyk soos die redneck in die Simpsons?

Freddy het ‘n lyie gemaak van flieks wat hy nooit sal kyk nie.  Soms is flieks duidelik net so swak uit die voorskou dat ek gewoonlik nie kan glo dat enige iemand dit ooit kyk nie.  Maar tog is daar mense wat dit gaan kyk, en ‘n deel van daardie groep is selfs mense wat van die fliek hou (Leon Schuster flieks as voorbeeld).  Elkeen van ons het maar ‘n fliek of twee, of ‘n streek of twee, waarvan ons hou, maar te skaam is om te erken voor ander.

So hier is my lys van flieks, akteurs, sportsterre / spanne en ander dinge waarvan ek hou of gehou het of ondersteun het, maar waarskynlik nie hardop sou erken nie:

  • Die Rocky en Rambo reekse (nou nog)
  • Keanu Reeves
  • Milli Vanilli (voor hulle uitgevang is)
  • Ivan Lendl in die Wimbledon finaal te Borris Becker
  • Brandewyn en coke

Watter streke steek jy weg?

Weg gesteek in die suidelike Overberg, tussen 2 klein dorpies op ‘n plaas, is een van die beste seekos-eet ervarings wat jy ooit sal ervaar.  Die restaurant is klein, met minder as 10 tafels.  Die chef ‘n Portugese vrou uit Mosambiek, met 1 kelner wat haar uithelp, ook van Mosambiek af.

Die spyskaart is nêrens op skrif nie, sy kom vertel vir jou by jou tafel van die wonderlike geregte wat sy vir jou kan maak.  Sy bring vir jou ‘n kurktrekker en glase sodat jy self die bottel wyn wat jy saamgebring het kan oopmaak, want hulle is nie gelisensieerd nie.

Die kos is fantasties, meestal seekos, alles met ‘n Portugese / Mosambiekse hoek. Ons het die paella geëet, met massiewe prawns, heerlike calamari en mossels, en met net ‘n effense brand. Ander opsies was regte Portugese sardyne en ‘n tipies Mosambiekse koljander en knoffel sop (ek moet bieg, ek het ophou luister na sy die paella genoem het).

Dis een van daardie wonderlike plekkies waarop mens per ongeluk afkom, en dan vir niemand van wil vertel nie, want netnou word dit gewild en dan verander die atmosfeer soos hordes mense soontoe stroom oor naweke. Maar tog sal dit verkeerd wees om so iets vir jouself te hou; so ‘n wonderlike ervaring moet gedeel word, anders roep die klippe dalk uit.

As jy jouself eendag in die Bredasdorp omgewing bevind, gaan besoek gerus die Casa del Sol. Dit is geleë omtrent 10 km voor Waenhuiskrans (Arniston), in ‘n plaashuis wat jy maklik kan miskyk as jy te vinnig daar verby ry. Gee haar ‘n lui by 0284459890 of 0761901792. Onthou om jou eie wyn te neem, en genoeg kontant, want daar is nie kredietkaart fasiliteite nie.

Die waters van Walkerbaai ontplof soms.

Waterbom

Iemand moet dalk net volgende jaar die publiek in Hermanus ‘n paar goed vertel vóór die Kalfiefees begin:

  • Net omdat jy onthou dat Frank Opperman snaaks was as Ouboet in “Orkney Snok Nie”, beteken dit nie jy MOET vir elke sin lag wat hy uiter in sy uitstekende eenmanstuk “Wyk 14” nie.  Groot dele van wat hy kwytraak is nie snaaks nie; dit is nie bedoel om snaaks te wees nie.  Nog erger, dele daarvan is eintlik hartseer, so veral dán hoef jy nie te lag asof jy vir Canned Laughter Inc werk nie.
  • Baie min toneelstukke is interaktief, in die sin dat jy gewoonlik nie hoef antwoorde te skree op ‘n karakter se retoriese vrae nie.
  • Jy is nie regtig so snaaks soos jy dink wanneer jy “Bel vir Niekie” skree terwyl ‘n karakter op die verhoog vertel van die moeilike tye waardeur ons land gaan nie.

Hoekom kan ek nie ontslae raak van die idee dat die andelemark soms maar net ‘n casino is waar mense geld wed op ander dom mense se sentiment nie?  Hierdie grafiek verduidelik dit goed.

Hoe meer goed verander, hoe meer bly dit dieselfde.  1920s dans met 1990s dans-musiek.  Daft Punk doen die Charleston.