Jou ma gaan winkel toe om braaisout te gaan koop sodat jou pa net kan ophou kla oor die sout wat te min is en begin braai.  Terwyl sy by die huis uitgaan vra julle vir haar of sy nie sommer ‘n DVD kan uitneem by die Mr Video langs die Spar nie.  Sy kan nie te lank draai nie, so julle kry net een keuse en as hulle dit nie het nie kom sy sonder ‘n DVD terug.  Julle besluit vinnig en kies “Snakes on Plane”, maar het nie veel hoop nie, want dis al na 18:00 en die fliek het laas week eers op DVD uitgekom, so al die kopië sal defnitief al uit wees.  20 minute later is jou ma terug, en julle kan dit nie glo nie, maar sy het die DVD gekry.  “Daar was nog 2 oor” sê sy.  Moeilik om te glo dat daar nog in enige videowinkel in Benoni ‘n kopie oor was, never mind 2, maar julle kla nie.  Tot julle die DVD begin speel en die titel verskyn : “Snakes on a Train“.  Jip, jou ma het geval vir ‘n Block Blunder; ‘n fliek wat se enigste doel is om geld te maak deur dat mense dit per ongeluk uitneem in plaas van die Block Buster wat hulle eintlik wou sien.  Lees meer van die 4 soorte Bock Blunders, en moenie volgende keer so ongeskik wees met jou ma as sy nie die regte DVD uitneem nie.