Rrrrrrrr

Aksente fassineer my.  Dit verbaas iemand altyd as jy reg raai waar hulle vandaan is bloot deur na hulle aksent te luister.  So nou en dan as ek alleen in die motor ry probeer ek verskillende aksente namaak.  Ek is meestal nie baie goed daarmee nie, maar ek dink my Amerikaanse, Ierse en Britse (hoewel dit soms meer Aussie uitkom) aksente is oraait.  Maar om een of ander rede klink my Skotse aksent altyd meer soos ‘n seerower as ‘n Highlander.