Boesmansgat is die 3de diepste sinkgat in die wêreld; ongeveer 270 m diep.  Op 17 Desember 1994 het Deon Dreyer verdrink terwyl hy in Boesmansgat geduik het.

Op 8 Januarie 2005 duik ‘n span mense, met Dave Shaw aan die voorpunt, weer in Boesmansgat.  Shaw wil Dreyer se liggaam uithaal na hy dit op ‘n vorige duik (in Oktober 2004) gesien het op ‘n diepte van 245 m.

Dinge loop egter nie soos beplan nie.  Lees die angswekkende verhaal hier.  Foto’s hier.

Sportduikers duik gewoonlik nie meer as 40m nie.  Ek was al op 39m, en dit was SCARY.  Ek begin sommer hiper-ventileer as ek dink aan hoe diep 270m is.