Julie 2008


“Die Bybel is nie ‘n morele handboek nie.  As dit was, sou ons onsself kon red deur die reëls te volg.  Die Bybel is ‘n plek waar mens God ontmoet.” – Breda Ludick

Dis makliker om die antwoorde agter in die handboek op te soek as om die vraag self uit te werk.  Dis makliker om in die FAQ te gaan kyk of iemand anders nie reeds jou vraag geantwoord het nie, as om te dink oor die probleem.  Dis makliker om Die Bybel as ‘n stel reëls te sien wat gevolg moet word, as om tyd saam met God te spandeer en uit te vind wat Hy dink is reg vir jou lewe.

Jou ma gaan winkel toe om braaisout te gaan koop sodat jou pa net kan ophou kla oor die sout wat te min is en begin braai.  Terwyl sy by die huis uitgaan vra julle vir haar of sy nie sommer ‘n DVD kan uitneem by die Mr Video langs die Spar nie.  Sy kan nie te lank draai nie, so julle kry net een keuse en as hulle dit nie het nie kom sy sonder ‘n DVD terug.  Julle besluit vinnig en kies “Snakes on Plane”, maar het nie veel hoop nie, want dis al na 18:00 en die fliek het laas week eers op DVD uitgekom, so al die kopië sal defnitief al uit wees.  20 minute later is jou ma terug, en julle kan dit nie glo nie, maar sy het die DVD gekry.  “Daar was nog 2 oor” sê sy.  Moeilik om te glo dat daar nog in enige videowinkel in Benoni ‘n kopie oor was, never mind 2, maar julle kla nie.  Tot julle die DVD begin speel en die titel verskyn : “Snakes on a Train“.  Jip, jou ma het geval vir ‘n Block Blunder; ‘n fliek wat se enigste doel is om geld te maak deur dat mense dit per ongeluk uitneem in plaas van die Block Buster wat hulle eintlik wou sien.  Lees meer van die 4 soorte Bock Blunders, en moenie volgende keer so ongeskik wees met jou ma as sy nie die regte DVD uitneem nie.

As jy hou van tydskrifte, maar nie so baie van geld uitgee nie, gaan kyk bietjie by www.mygazines.com.  Jy kan tydskrifte gratis aanlyn lees (meestal Amerikaanse weergawes), en die interface is nogal oulik.  Jy kan selfs die hoek van die bladsy gryp en omblaai.  So naby as wat jy kan kry aan ‘n regte tydskrif.

Johan Swarts vra of hy eintlik net so skuldig is soos die diewe wat sy CD-speler uit sy motor gesteel het, omdat hy CDs kopieer. Ek lei af sy vraag gaan oor reg of verkeerd ten opsigte van moraliteit / etiek, eerder as die wet. Die antwoord hang af van hoe jy na die konsep van intellektuele eiendom kyk dink ek.

Eerstens is dit belangrik om te noem dat kopiereg skending nie = diefstal nie.  Net so min as wat ‘n spoedoortreding = diefstal.  Dit is ‘n oortreding van ‘n heel ander wet.   Diefstal was nog altyd verkeed, sedert wette bestaan het, kopiereg het eers in die laaste paar eeue ontstaan.  Dit is belangrik om die debat ten minste op die regte plek te begin.

Kom ons begin by hoe kopiereg ontstaan het. Dit het begin na die eerste boek drukkerye begin het. Voor dit was die proses om ‘n boek te kopieer letterlik iemand wat met die hand die boek oorgeskryf het. Dit was eerder gesien as ‘n groot eer as iemand jou boeke kopieer, want hulle was bereid om al daardie moeite te doen omdat jou boek goed genoeg is.

Kopiereg het ook verander soos die samelewing se siening verander het van wat regverdig is. Toe fotokopieerders uitkom, het mense net dele van ‘n boek gekopieer in biblioteke, en dit is gesien as “fair use”. Voor digitale musiek was dit aanvaarbaar om liedjies op te neem van die radio af en ‘n mix tape te maak, maar toe digitale musiek dit te maklik maak om perfekte kwaliteit musiek oneindige kere te kopieer word dit ‘n groot kwessie. Toe word kopiëring skielik = diefstal.   Afrikaanse kunstenaars baat ook grootliks uit die “ek is trots op Afrikaans en moet dit beskerm” gevoel, en baie mense sal weier om enige Afrikaanse musiek te kopieer maar nie skroom om Britney of Maria Carrey se CD te kopieer nie.

Die hele idee van hoe kunstenaars geld maak moet hersien word. Hoekom moet meeste ander mense dag tot dag werk om betaal te word, terwyl kunstenaars vir ‘n paar maande werk om ‘n CD te maak en dan jare daarna nog geld maak daaruit? Die idee van wat hulle produk is moet hersien word. Hulle moet hulle konserte / optredes as die produk sien, met die CD net ‘n advertensie wat mense na die konserte toe bring. En dis presies waarvoor die platemaatskappye so bang is. Dan gaan hulle skielik nie meer beheer hê oor die hele musiekindustrie nie. Dit is reeds besig om in daardie rigting te gaan, Radiohead en nine inch nails is goeie voorbeelde van mense wat verstaan dat die nuwe besigheidsmodel kan werk.  Die platemaatskappye probeer weer in die ander rigting trek deur tegnologie soos DRM en selfs onderduimse tegnieke, maar op die ou end stry hulle onsuksesvol teen verandering soos die perdekar vervaardiggers na die binnebrandenjin uitgevind is.

Die idee van intellketuele eiendom, en dat kopiereg die enigste manier is om motivering te bied vir iemand om musiek, boeke of sagteware te skep is besig om te verander.  Mense begin agterkom dat jy eerder ‘n diens moet lewer as ‘n produk.

There’s no “I” in team, but there is an “e” and an “a”

Geluk ou grote met die 90.  Ek wonder baie hoe ons land sou gelyk het as die oorgang vreedsaam in die 1940s of 50s al gebeur het. As jy nie 27 jaar in die tronk moes sit nie.

Geluk Minter met die CIMA uitslae.  Dalk sou die situasie nou so anders gewees het dat jy nie ons grense sou verlaat het nie.

Rrrrrrrr

Aksente fassineer my.  Dit verbaas iemand altyd as jy reg raai waar hulle vandaan is bloot deur na hulle aksent te luister.  So nou en dan as ek alleen in die motor ry probeer ek verskillende aksente namaak.  Ek is meestal nie baie goed daarmee nie, maar ek dink my Amerikaanse, Ierse en Britse (hoewel dit soms meer Aussie uitkom) aksente is oraait.  Maar om een of ander rede klink my Skotse aksent altyd meer soos ‘n seerower as ‘n Highlander.

Volgende Blad »