Fin24 berig dat Transnet van plan is om die area van Groenpunt, tot by Robbeneiland, tot by Melkbosstrand droog te lê as deel van die verkoopkontrak van die Waterfront. Dis glo ‘n reusagtige area van 270 000 m²:
“In 2001, before the Waterfront was sold to the consortium, Transnet signed a contract undertaking to reclaim land next to the Waterfront back from the sea.
This apparently included an area of 270 000 square meters – from Green Point lighthouse to Robben Island, extending to Melkbosstrand as well as the land that was reclaimed around the Castle.
Transnet has denied that the whole area will be reclaimed from the sea and has said that it will be limited to areas next to the Waterfront, which includes Granger Bay and the Breakwater residential area. But it couldn’t give more details about the development of 270 000 square meters mentioned in the contract.”
Skielik gaan peperduur huise en woonstelle op die see in Blouberg (Bertus! sin inkluis), deel word van die platteland, weg van die see.
Maar wag, hoe groot is 270 000 m² nou eintlik? mmm, ongeveer 500 m by 500 m. Nie regtig so groot as mens daaraan dink nie. Groenpunt na Robbeneiland is omtrent 9 kilometer, en Robbeneiland tot Melkbos omtrent 7 km. Kom ons maak ‘n aanname dat dit ongeveer ‘n vierkant is (wat dit nie is nie, maar met die skaal van fout wat ons hier werk maak dit nie regtig ‘n verskil nie), dan is dit ‘n area van meer as 63 vierkante KILOMETER. M.a.w. 63 MILJOEN vierkante METER. Basiese wiskunde en kritiese denke is al wat nodig is om te sien die histerie in die artikel is onnodig groot.
So die artikel is dus niks meer as bangmaak bogpraatjies nie, die feite wat in die artikel genoem word weerspreek mekaar duidelik. Die oorspronklike artikel in Die Burger is darem minder sensasioneel (kan jy dit glo, Die Burger minder sensasioneel), en impliseer darem net die liegstorie, hulle sê dit nie prontuit nie:
“Die Burger het vroeër berig dat die kus- en seegebiede in Transnet se besit die gedeelte van die Groenpunt-vuurtoring tot by Robbeneiland, van daar tot by Melkbosstrand, asook die drooggelegde grond tot by die Kasteel insluit.
Transnet het egter ontken dat hulle al dié gebiede wil drooglê.Volgens Dludlu is die gedeeltes in Transnet se besit, wat vir drooglegging geoormerk is, beperk tot gedeeltes onmiddellik langs die Waterfront wat Grangerbaai en die Breakwater-residensiële gebied insluit.Transnet kon egter nie duidelikheid verskaf oor wat die 270 000 m²-ontwikkeling sal behels nie.”
Junie 27, 2008 at 11:07
die burger?
die burger?!
nee wat, ek glo jou nie.
Junie 27, 2008 at 11:09
die burger?
die burger?!
nee wat, ek glo jou nie.
Junie 28, 2008 at 17:09
Miskien wil hulle eintlik ‘n eiland in die middel van die see bou soos die Palm-eiland hier in Dubai. Dis mos die mense hier van Dubai wat die plek gekoop het . . . Dink net wat dit gaan doen vir die eiendomspryse in die Kaap!
Julie 1, 2008 at 8:41
Klink vir my na ‘n slegte idee. In Doebai word links en regs droog gele^, met aaklige gevolge vir die marine ekosisteem. Kan iemand nie eerder die Kaapse Vlakte droogle^ sodat dit nie meer elke jaar oorstroom nie? Maak vir my meer sin.
Julie 1, 2008 at 16:30
Nou sal ek robbeneiland toe kan stap…lekker. En nie ‘n plaas se prys hoef te betaal (lees: oorsese mark) net om ‘n uiters swak toer vol feite foute aan te hoor nie.