Nou dat almal Firefox 3 as webblaaier gebruik (behalwe hardkoppige Bertus!), hier is ‘n paar van my gunsteling Firefox extensions / add-ons wat jou daaglikse websurf ondervinding net soveel meer genotvol kan maak :

  • Foxmarks – sinchroniseer jou bookmarks tussen verskillende rekenaars (jou huis en werk PC as voorbeeld).  Baie handig as jy eers begin afhanklik word van Firefox se kragtige bookmarks (soos live bookmarks wat RSS feeds as bookmarks kan wys).
  • Afrikaanse woordeboek, saam met Dictionary Switcher -‘n Afrikaanse speltoetser vir enige iets wat jy op ‘n webblad invul (m.a.w. jou blog posts of comments).  Dictionary Swticher maak dit maklik om tussen die Afrikaanse en Englese woordeboeke te kies.
  • Adblock Plus & Adblock Filterset.G Updater – Hoekom vaskyk in irriterende advertesies op blaaie wat jy besoek?  Adblock Plus laai net eenvoudig nie die advertensies af nie.  Die filterset updater laai outomaties elke nou en dan ‘n lys filters af van wat om te blok.
  • Download statusbar – As jy iets afaai, wys hierdie handige extension jou hoe dit vorder.
  • Google Toolbar – Nou hoef jy nie meer elke keer na Google se webblad te gaan vir die verksillende soek opsies nie.
  • IE Tab – Sommige webblaaie word ontwerp deur sjimpansees wat lukraak knoppies druk tot die blad in IE werk, and dan ophou.  Meestal werk daardie sjimpansee webblaaie net nie reg in enige ander blaaier nie.  Dan moet jy IE spesiaal oopmaak net vir daardie webblad.  Nie meer nie.  Nou kan jy IE Tab gebruik om die blad in ‘n Firefox tab oop te maak.  Persoonlik neem ek net aan dat daardie webblad nie my besigheid wil hê nie, en ignoreer hulle.

Sonder watter Firefox extensions kan jy nie klaarkom nie?