Junie 2008


Verwys.

Fin24 berig dat Transnet van plan is om die area van Groenpunt, tot by Robbeneiland, tot by Melkbosstrand droog te lê as deel van die verkoopkontrak van die Waterfront. Dis glo ‘n reusagtige area van 270 000 m²:

“In 2001, before the Waterfront was sold to the consortium, Transnet signed a contract undertaking to reclaim land next to the Waterfront back from the sea.

This apparently included an area of 270 000 square meters – from Green Point lighthouse to Robben Island, extending to Melkbosstrand as well as the land that was reclaimed around the Castle.

Transnet has denied that the whole area will be reclaimed from the sea and has said that it will be limited to areas next to the Waterfront, which includes Granger Bay and the Breakwater residential area. But it couldn’t give more details about the development of 270 000 square meters mentioned in the contract.”

Skielik gaan peperduur huise en woonstelle op die see in Blouberg (Bertus! sin inkluis), deel word van die platteland, weg van die see.

Maar wag, hoe groot is 270 000 m² nou eintlik? mmm, ongeveer 500 m by 500 m. Nie regtig so groot as mens daaraan dink nie. Groenpunt na Robbeneiland is omtrent 9 kilometer, en Robbeneiland tot Melkbos omtrent 7 km. Kom ons maak ‘n aanname dat dit ongeveer ‘n vierkant is (wat dit nie is nie, maar met die skaal van fout wat ons hier werk maak dit nie regtig ‘n verskil nie), dan is dit ‘n area van meer as 63 vierkante KILOMETER. M.a.w. 63 MILJOEN vierkante METER. Basiese wiskunde en kritiese denke is al wat nodig is om te sien die histerie in die artikel is onnodig groot.

So die artikel is dus niks meer as bangmaak bogpraatjies nie, die feite wat in die artikel genoem word weerspreek mekaar duidelik. Die oorspronklike artikel in Die Burger is darem minder sensasioneel (kan jy dit glo, Die Burger minder sensasioneel), en impliseer darem net die liegstorie, hulle sê dit nie prontuit nie:

“Die Burger het vroeër berig dat die kus- en seegebiede in Transnet se besit die gedeelte van die Groenpunt-vuurtoring tot by Robbeneiland, van daar tot by Melkbosstrand, asook die drooggelegde grond tot by die Kasteel insluit.

Transnet het egter ontken dat hulle al dié gebiede wil drooglê.
Volgens Dludlu is die gedeeltes in Transnet se besit, wat vir drooglegging geoormerk is, beperk tot gedeeltes onmiddellik langs die Waterfront wat Grangerbaai en die Breakwater-residensiële gebied insluit.
Transnet kon egter nie duidelikheid verskaf oor wat die 270 000 m²-ontwikkeling sal behels nie.”
Advertisements

Die moordlus (sensitiewe lesers soos Bertus! moet eerder nie kliek nie) bou al weer op in my binneste.  Vrydag is die dag wat die skote gaan klap.  En volgens die SA Weerdiens gaan dit koud wees, soos dit hoort op so ‘n naweek.

Hoeveel Simpsons karakters se name ken jy?  Ek kon 36 / 63 noem in 10 minute.

Hoeveel lande in Europa? (37 /47)

Hoeveel Amerikaanse state? (46 / 50)

Daar is nog ‘n magdom ander sulke speletjies hier.

Understanding the Linux Kernel, 3rd edition – Daniel P. Bovet & Marco Cesati . Bl 4:

“Moreover, Linux has several features that make it an exciting operating system”

Blykbaar is daar mense wat bedryfstelsels opwindend vind.  Nie frustrerend, semi-interessant of selfs nuttig nie. Nee, OPWINDEND!

Nou dat almal Firefox 3 as webblaaier gebruik (behalwe hardkoppige Bertus!), hier is ‘n paar van my gunsteling Firefox extensions / add-ons wat jou daaglikse websurf ondervinding net soveel meer genotvol kan maak :

  • Foxmarks – sinchroniseer jou bookmarks tussen verskillende rekenaars (jou huis en werk PC as voorbeeld).  Baie handig as jy eers begin afhanklik word van Firefox se kragtige bookmarks (soos live bookmarks wat RSS feeds as bookmarks kan wys).
  • Afrikaanse woordeboek, saam met Dictionary Switcher -‘n Afrikaanse speltoetser vir enige iets wat jy op ‘n webblad invul (m.a.w. jou blog posts of comments).  Dictionary Swticher maak dit maklik om tussen die Afrikaanse en Englese woordeboeke te kies.
  • Adblock Plus & Adblock Filterset.G Updater – Hoekom vaskyk in irriterende advertesies op blaaie wat jy besoek?  Adblock Plus laai net eenvoudig nie die advertensies af nie.  Die filterset updater laai outomaties elke nou en dan ‘n lys filters af van wat om te blok.
  • Download statusbar – As jy iets afaai, wys hierdie handige extension jou hoe dit vorder.
  • Google Toolbar – Nou hoef jy nie meer elke keer na Google se webblad te gaan vir die verksillende soek opsies nie.
  • IE Tab – Sommige webblaaie word ontwerp deur sjimpansees wat lukraak knoppies druk tot die blad in IE werk, and dan ophou.  Meestal werk daardie sjimpansee webblaaie net nie reg in enige ander blaaier nie.  Dan moet jy IE spesiaal oopmaak net vir daardie webblad.  Nie meer nie.  Nou kan jy IE Tab gebruik om die blad in ‘n Firefox tab oop te maak.  Persoonlik neem ek net aan dat daardie webblad nie my besigheid wil hê nie, en ignoreer hulle.

Sonder watter Firefox extensions kan jy nie klaarkom nie?

Jy kan deel wees van ‘n amptelike Guiness wêreldrekord.  En jy hoef nie eens moeg te raak, of soveel te eet dat jou maag seer word nie.  Al wat jy moet doen, is om Firefox 3 hier af te laai, vandag nog (voor 20:16 SA tyd op 18/6/2008).  So kan jy help om Firefox 3 die rekord te gee vir die meeste downloads in 24 uur nog ooit.  Die mikpunt is 5 miljoen, en teen 08:46 SA tyd was dit reeds oor 4,5 miljoen.  Maar SA steek maar sleg af teen die res van die wêreld met net meer as 5000.  Slovakia en Slovenië het meer as ons!

Gaan kyk sommer nou, daar’s ‘n oulike kaart wat wys hoeveel elke land al afgelaai het.  Jy kan selfs ‘n amptelike Guinness World Record sertifikaat aflaai wat wys dat jy deel is van die wêreldrekord.  Hang dit teen jou muur, langs jou Comrades medalje en die foto waar jy jou stukkie van daardie Spur wêreldrekord hamburger eet.  En wanneer jou ouma volgende jaar vir jou die nuwe uitgawe van die Guinness World Records vir jou verjaardag gee, kan jy haar wys jy is ook daarin.

En as die gedagte van ‘n wêreldrekord jou nie aantrek nie, behoort die blote feit dat Firefox 3 die vinnigste, veiligste en beste webblaaier nog ooit is jou te dwing om dit af te laai.  Toe! Waarvoor wag jy?

EDIT: O ja, Zee herinner my, dis in Afrikaans ook beskikbaar.  Gratis sagteware, IN AFRIKAANS!  En jy hoef nie eens sleg te voel soos wanneer jy ‘n Steve CD copy nie, want jy mag.  Ek sal amper so ver gaan as om te sê jy is nie ‘n goeie Afrikaner as jy dit nie aflaai nie.

Maeree se droomhuis is in Nature’s Valley.

Volgens Ivor Johnstone van Rawson Properties op Stellenbosch, is hierdie die droomhuis van niemand anders nie as The Infestor.  Klink soos ‘n baie gevaarlike Super-Boef met ‘n weermag van kakkerlakke. The Ifestor – Master of the dark minions infesting your home!

The Infestor

Volgende Blad »