Eskom se webbad is, soos meeste van hulle ander werk, nie so effektief soos wat dit kan wees nie. Die kragonderbrekingskedules (ek´s mal oor lang Afirkaanse woorde!) op die webblad is nie die maklikste om te verstaan nie, en dan kan dit nog verander deur die dag ook soos die lading op hulle krag-netwerk verander. Oplossing: Load Alert. Jy los jou epos adres, en die area waarin jy belang stel, en hulle stuur vir jou ´n skedule van wanneer die krag moontlik afgaan. Sodra die skedule verander stuur hulle weer vir jou ´n nuwe een.

UPDATE: Die skedule wat hulle vir my gestuur het verskil van die een op Eskom se blad, en ook van die een op ons munisipaliteit se blad.  So ek reken Load Alert is selfs meer gebreek as Eskom.  Moet dit vir eers nie vertrou nie.