As jy moeg is om oproepe, eposse en briewe te ontvang van bemarkers, kan jy jou naam op ‘n Do Not Contact lys sit.  Die bemarkers moet hulle databasisse vergelyk met hierdie lys, en jou afhaal as jou naam op hulle lys is.  As hulle jou nog steeds kontak na jou naam op die lys is, kan hulle beboet word.  Vul jou details in op die webblad van die Direct Marketing Associations of SA, en hopelik hou daardie stroom van oproepe op.