Februarie 2008




“Wat maak ons vanaand om te eet?”

“Weetie, wat is daar?”

“Daar is nog mushrooms wat ons moet gebruik, anders gaan dit vrot word, spek in die vrieskas, room wat ook al amper af is, en uie. Seker nog pasta of rys ook in die kas.”

“Wat kan ons daarmee maak?”

“Weetie, dink iets uit!”

Resultaat: Die 3de keer die week eet ons pasta, met spek en sampioensous.

As jy sommige aande voor die yskas staan en staar vir die inhoud, terwyl jy wonder wat om te maak vir aandete, is SuperCook die antwoord. Dis ‘n soekenjin vir resepte. Jy sê watter bestanddele jy het, en hulle gee vir jou voorstelle van resepte. Daar is selfs prentjies by die resep se naam om jou mond te laat water terwyl jy soek. Die lysie hier bo lewer onder andere bacon wrapped stuffed mushrooms, peameal roast en Dad’s Kentucky home fries.

SuperCook is die killer application wat sal maak dat ek toestemming kry by die vroutjie om ‘n rekenaar in die kombuis te sit. Dink net, ‘n rekenaar in elke vertrek in die huis!

Advertisements

Soms dink ek my vrou werk vir XKCD, of stuur ten minste vir hulle idees gebaseer op my:

In die Hemel...
is die mechanics Duitsers
is die chefs Franse
is die polisie Britte
is die lovers Italianers
en alles word georganiseer deur die Switsers

In die Hel…
is die mechanics Franse
is die chefs Britte
is die polisie Duitsers
is die lovers Switsers
en alles word georganiseer deur die Italianers

Nou ja, uit eindelik kom ek by Hugo se tag uit, by die huis.  Want by die werk sou dit net glad nie sin gemaak het nie.  Eintlik het hierdie een ook nie baie exciting uitgekom nie, maar here goes:

“Teenswoordig leer die inverhuisde Hollanders Afrikaans aan, en hulle leer dit met volmaakte voortreflikheid – as jy geduld gebruik tot die tweede generasie.   In ou meester Halsemier se dae was die Hollanders die standaarddraers van wat vir ons toe voorgehou is as ons taal, en terwyl ons dan ons eintlike eie versmaai het, was dit ons geluk dat ons hulle had.  Hulle het ‘n oneindig suiwerder standaard gehandhaaf as ons eie koster-Hollandse deskundiges.” – Die beste spookstories van C.J. Langenhoven.

Ek kan niks diep hieruit haal nie, en geen verborge betekenis opdiep nie.  Ek het ook te lank gewag en nou is hierdie speletjie redelik dood, so ek gaan die reëls breek ne nie nog 5 bloggers tag nie.

Ek is ‘n optimis.  My huis het nie diefwering nie; ek het nog altyd ‘n redelike goeie toekoms gesien vir ons land.  Ek ontken nie probleme nie, maar sien dit as iets wat opgelos kan word.  Wat sal beter word as ons eerder positief is en saam werk om dit op te los.

Vroeër die week gesels ek oor middagete met ‘n vriend en sy vrou, wat ook redelike positiewe (maar tog praktiese) mense is.  Op ‘n stadium gaan ons gesprek oor “As dinge nou regtig ernstig fout gaan in SA, waar trek mens die lyn wanneer jy sê jy gaan nou trek na ‘n ander land? En waarheen sal jy dan gaan?”  Eers na die tyd dink ek, dis vir my jammer dat ek enigsins daaroor dink.  (My antwoorde is ‘as ek nie meer hier kan werk nie, en suide van Frankryk,  Kalifornië / Florida as Obama prez word, miskien selfs Oz’).

Ons is besig om al hoe meer neerslagtig en negatief te raak oor die toekoms.  Gaan neerslagtigheid help om dit te verander, of te laat beter gaan?  Is dit iets wat mens kan kies om nie te doen nie?  Hoekom word optimiste uitgekryt as ‘living in a fool’s paradise’ deur pessimiste (of ‘realiste’)?  Omdat hulle dink hulle pessimisme los iets op en almal moet eerder pessimisties wees, dan gaan dit beter word?  Is dit regtig ‘n beter alternatief tot optimisme?  As jy in elk geval voel of jy nie iets aan ‘n saak kan verander nie, hoekom nie maar eerder kies om goed te voel daaroor as sleg nie (dis nie eens in ag geneem dat jy baie keer wél iets kan doen aan die saak nie)?

Dalk is ek net gelukkig, maar daar is nog nooit by ons huis ingebreek nie, ons is nog nooit ge-hijack nie, beroof nie, en nie 1 van ons motors is al ooit gesteel nie.  Die absolute ramp van epise proporsies, wat ons land nou oor die afgrond gestuur het in dieselfde gat as Zimbabwe in, die kragonderbrekings, het ons krag op die meeste 3 keer laat afgaan.  Niks is beskadig en niemand het seer gekry in enige van daardie 3 kere nie.  In teen deel, ons het die geleentheid gekry om in die week te braai.  Die ergste wat gebeur het is dat ons ‘n episode van 7delaan gemis het (hallo Omnibus op ‘n Sondag).

As jy regtig dit nie oor jou hart kan kry om positief te voel nie, dink net hieraan: ons is die rugby wêreldkampioene, en ons bly dit tot 2011. En volgende jaar hou ons verkiesing.

Nou maar goed, voor Maeree my met een van haar speelgoed gooi of oor die kop slaan, hier is my gunsteling 5 posts soos ek huidiglik voel. Dit kan oor 5 minute of 5 dae heeltemal anders lyk. Die kriteria waarvolgens dit gekies is lukraak, soos die kriteria waarvolgens ministers tot die kabinet verkies word.

Finlay´s name
Peulnael
Praktiese filantropie
Pessimisme (Lees sommer hier ook vir Chris Moerdyk se opinie oor dieselfde onderwerp)
Nasionalisme vs Patriotisme

Is jy moeg om dieselfde ou musiek, afgedwing deur platemaatskappye, op die radio te hoor? Nie lus om RSG te luister net om so nou en dan darem ‘n goeie Afrikaanse kunstenaar te hoor nie? Wat as jy ´n stasie kon kies wat musiek speel waarvan jy hou? Wat as jy vir die stasie kon sê van watter musiek jy hou, en hulle speel vir jou soortgelyke musiek?

Last.FM is die antwoord. Gaan soontoe, sluit aan en laai ń plugin af vir jou gunsteling musiek sagteware (hulle het onder anderre een vir iTunes). Last.FM werk so: Jy maak jou eie radio stasie deur ´n kunstenaar se naam in te tik, en dan kry jy soortgelyke musiek. Ek luister op die oomblik na die ¨stasie¨: ¨Karen Zoid´s similar artists¨. Onder anderre speel hulle Arno Carstens, Just Jinger en Henry Ate op die ¨stasie¨. Of jy kan ´n stasie volgens ´n groep kies (bv Afrikaans), dan speel hulle musiek wat ander mense in die ¨Afrikaans¨ groep van hou. So leer ken mens nuwe musiek wat jy nog nie gehoor het nie, maar jy waarskynlik van sal hou. Hoe meer jy luister, hoe beter word die aanbevelings soos hulle leer waarvan jy hou. Musiek 2.0 as te ware.

Min mense lees nog hier sedert my lang afwesigheid, so vertel bietjie vir ander.

Volgende Blad »