Dis nie maklik om ‘n bedankingsbrief te skryf nie, maar ook nie so moeilik nie. Dis moeilik om die comfort zone van ‘n huidige werk te verlaat vir die uitdagings en verantwoordelikhede van ‘n nuwe een. Dis moeilik om bekende kollegas, sommige selfs vriende, agter te laat om saam met nuwe, vreemde mense te werk.  Dis moeilik om ‘n projek agter te laat waarin jy baie ure en moeilike tye gestort het, sonder om deel te wees van die euforie van die (hopelik eendag se) lansering.  Dis moeilik om nie politici te haat omdat hulle durf om so te dobbel met ‘n klomp goeie mense se toekoms nie, in so ‘n mate dat mens amper nie ‘n ander keuse het as om groener weivelde te soek nie.  Dis moeilik om te verstaan dat ‘n regeringsamptenaar so magsbehep is dat sy nie ‘n groep hardwerkende, innoverende mense wil toelaat om suksesvol te wees nie, maar eerder wil laat misluk sodat sy beheer kan neem oor hulle industrie.