So nou en dan wonder ek wat watter beroep ek sou kies as ek van beroep moet verander.  Of wat ek sou gekies het as ek aan die einde van matriek geweet het wat ek nou weet.

Eerstens sou ek waarskynlik ‘n beroep gekies het wat my dag tot dag sou opgewonde maak, en dan gaan swot het wat ek nodig het om daardie beroep te beoefen.  Nie soos wat ek gemaak het (en meeste ander mense) om te gaan swot wat vir my akademies interessant lyk nie.  Want meeste beroepe se dag tot dag is op die ou end glad nie so interessant soos die graad nie.

Tweedens sou ek iets kies waar ek my passies en stokperdjies my werk kan maak.  Miskien het ek dit gedoen op daardie stadium, miskien was rekenaars en elektroniese gadgets meer van ‘n passie as wat dit nou is.  Miskien het my werk net daardie passie effens versmoor.  Of miskien het ek te laat eers agter gekom my passies is eintlik sport en om nuwe plekke te sien.

So gemeet daaraan sou ek waarskynlik ‘n sport-afrigter / joernalis (nie goed genoeg om self iets professioneel te speel nie) of reis-joernalis / fotograaf / agent / toerleier geword het.

Na hierdie lang inleiding, nou uit eindelik my punt:  Vervolgens gaan ek nou en dan ‘n paar reis wenke en verhale hier plaas.