Oktober 2007


Saterdag gaan ‘n slagting wees. Almal reken dis ‘n ander Engelse span as in die groepwedstryd, en dat Johny dit ‘n nuwe span maak. Strooi! Dis dieselfde voorspelers, dis dieselfde ou Mike Catt op senter. Engeland was gelukkig om teen Australië en Frankryk te wen. Beide het die wedstryd verloor, weg gesmyt, onder druk. Engeland het nie verdien om daar te wees nie, en hulle verdien nie om in die finaal te wees nie. Die Bokke gaan Saterdag maklik wen. Al gaan dit miskien nie ‘n groot telling wees nie, gaan daar nooit twyfel wees oor die uitslag van die wedstryd nie. Die Bokke gaan beheer neem van die afskop af.

36 -0 : Wash, rinse , REPEAT. Die tyd is nou!

bokke.jpg

NS : Bostaande post sal natuurlik afgevee word as ons verloor, asof dit nooit bestaan het nie.

Advertisements

“You can delegate work, but not responsibility” – Onbekend

“Die kwaliteit van die koppie tee neem direk eweredig toe met die afstand wat die water val vanuit die ketel tot in die koppie” – Pienk Zuit se eerste teeteorie

“Die morsigheid van die teemaakproses neem direk eweredig toe met die afstand wat die water val vanuit die ketel tot in die koppie” – Pienk Zuit se tweede teeteorie

“I’m going slightly mad” – Freddy Mercury

V: Wat is die verskil tussen die All Blacks en ‘n halwe Viagra?
A: ‘n Halwe Viagra kry jou ten minste ‘n semi.

Ek geniet dit as arrogansie beloon word met mislukking.  Want dis al hoe arrogante mense leer.  Ongelukkig is arrogente mense baie keer suksesvol, seker omdat die sukses arrogansie kweek.  Daarom is ek bly Australië het verloor, maar ek kry ek die All Blacks spelers self jammer.  Met sommige van hulle ondersteuners het ek egter geen simpatie nie.

Gister ry ek in die dorp en sien een van daardie motors wat my bloed laat kook.  Jy weet, een van daardie met die hele agterruit vol geskryf.  Gewoonlik is dit om die eienaar van die motor se alliansie met Nike, Manchester United, of die All Blacks uit te beeld.  Die twee spanne word bloot ondersteun omdat hulle goeie wen rekords het.  Dis asof mense so graag wil reg wees, dat hulle dan spanne ondersteun wat meeste ander mense om hulle nie ondersteun nie, en boonop nog gereeld die tuisspan klop ook.  Dan kan hulle windmakerig snedige aanmerkings oor die tuisspan maak.  Dis vir hulle lekker om ‘n argument te begin daaroor, en uitlokkend arrogant te wees daaroor.  Dit het niks met ras of die struggle of die samestelling van die Springbokspan te doen nie, net met ego.

Dis hoekom dit vir my so lekker was om by my oop venster uit te skree “Whaaaahaaaa!  Die All Blacks is CHOKERS!”.  Ek is lus om briefies te druk waarop staan “Jy kan nou maar jou k@k stop en die Bokke begin ondersteun, die All Blacks is windgat chokers wat verloor het!” en dit onder sulke motors se ruitveërs te sit as ek hulle geparkeer sien staan.  Hopelik sal daardie tipe mense nou in die volgende 2 weke tot hulle sinne kom en druipstert weer die Bokke begin ondersteun.

Almal is skielik bang vir die Argies, en dink ons gaan verloor.  Ek dink ons beste kans is om die wedstryd al in die eerste 15 minute te wen.  Ons moet meedoënloos aanval en die Pumas se hoop verpletter binne 20 minute.  Anders gaan hulle taktiek van hoë skoppe, verdedig  en opponente se bal stadig maak ons later begin affekteer, en dan kan dit naby wees (maar ons sal nog steeds wen).  Dis hoe hulle vir Frankryk gewen het, en dis hoe Engeland vir Autralië gewen het.

Volgens cracked.com het Stafsersant Max Fightmaster die manlikste (Engelse) naam in die wêreld. Ja, hy bestaan regtig.  Sy vrou se naam is Beth, en hy is ‘n Rekenaartegnikus.  Wat?!  ‘n Rekenaartegnikus het die manlikste naam in die wêreld?!

Om die manlikste naam in Suid-Afrika te kry moet mens sekerlik by rugbyspelers begin.  Vleis Visagie, Baksteen Nel.  Ek is seker daar is selfs meer manlike name as dit.  Iets soos “Leeu Ysterman”.  Wie ken jy met ‘n manlike naam soos dit?

whahahahahahahahaha.  WHAhahahahahahaha. Ek is uit asem gelag: CHOKERS.  Ons krieketspan is nie eens sulke groot chokers nie.  Allez les Bleus!!!

Ek weet ek het ook nie rerig gedink Engeland kan die Ozze ore aansit vandag nie, maar ek wonder hoe proe Peter FitzSimons se humble pie.  Hy het in vandag se Sydney Morning Herald aan Johny Wilkinson geskryf : “do not, for one second, imagine that you can guide the English to a win”.  Johny 12 – Oz 10.

Nou moet lez Bleus nog net die All Greys onderkry vanaand.

Nog nooit in die geskiedenis van Wêreldbeker rugby het een van die moontlike wenners soveel van ‘n makliker pad finaal toe gehad as wat die Bokke nou het nie. Fiji in die kwarteind, en Argentinië/Skotland in die semis.  Tenoor die All Blacks se pad van Frankryk en dan Aus / Engeland.  Hier dus my voorspellings vir die naweek:

NZ, Aus, Argies en die Bokke om te wen.  Al hoop ek hoe hard die Franse kan die All Blacks (of is dit All Greys hierdie naweek?) uitskakel, kan ek nie sien dat dit gaan gebeur nie.

As jy belang stel en die games gaan kyk, registreer vir Willem se Rugby Pryslyn en maak jou voorspellings ook.  Die registrasie is vinnig en gratis, en dan sal jy moontlik na die finaal kan sê jy weet meer as Pienk Zuit van rugby af.

« Vorige Blad