UPDATE onder

Ek het die volgende boodskap gekry as aanmerking op ‘n ander post:

Vandag skryf ek met ‘n baie mismoedige hart vir u.

My man het 2 maande terug sy werk verloor as gevolg van die Balju van Wellington wat sy vrou vermoor het. My man was die adjunk balju.Hulle is dadelik afgedank en dus sonder inkomste.

Ons het 3 tiener dogters en ons moet eet, ons moet rekeninge betaal, en noodsaaklikhede vir die tienners koop en weet nie wat alles nie.

Ons is moedeloos, waarheen gaan ons. Daar is niks wat ons kan eet in ons huis nie en die kinders moet meeste van die tyd skool toe gaan sonder ontbyt.

Waar kan ons hulp kry. Niemand sien ooit raak wat ons moet deur gaan nie. Mense dink nie daaraan dat daar honger blanke Suid-Afrikaanse gesinne is nie. Ons hele gesin is wedergebore kinders van die Here. Ons dien die Here met oorgawe.

Ons het al orals probeer, selfs by ons kerk. Hulle het een maal gehelp en toe nie weer nie.
Ek weet daar is mense wat kanse vat, maar hierdie is ‘n ware verhaal. Ek sou nie vra as dit nie regtig sleg met ons gegaan het nie. Hierdie is ‘n noodkreet.

My bank besonderhede is as volg as u dit dalk in u hard dit vind om ons te help
Standard Bank Paarl
Rekening nommer: #######
Takkode: ######
Rekening naam: L Lourens

Louise Lourens
louisetik@telkomsa.net

 

Louise, jy sê self daar is mense wat kanse vat, so jy sal seker verstaan as ons skepties is aanvanklik. Dit beteken egter nie ek wil (of gaan) nie help nie, net dat ek seker wil wees ek help nie ‘n kansvatter nie (ne Carien?).

1. Hoe kan ons uitvind of Louise die waarheid praat? Ek sien sy’t ‘n blog.

2. Indien ons seker is sy praat wel die waarheid, wat kan mens doen? Wie in die Paarl kan wel help? Wat is die beste manier om te help? Kom al daai dominees wat hier lees, wat doen mens in hierdie situasie?

UPDATE:
Louise skryf in ‘n onlangse post op haar blog hoe sy haar baas gaan vra het vir ‘n verhoging, en dat “Ek het gedink hy gaan squeel, aangesien hy ‘n Jood is, en hulle nie baie lief vir betaal is nie”.

Ek los toe vir haar ‘n opmerking dat ek bly is sy probeer haarself help en die bul by die horings pak, maar dat haar vooroordele teenoor jode my geweldig pla. Ek noem ook dat ek dink sy gaan baie mense se simpatie verloor daarom.

Die aanmerking word toe nie goedgekeur nie, maar die volgende epos gesprek volg toe:

 

————————

Glo my ek het geen veroordeling teenoor Jode nie. Ek werk saam met hom en hy is nie getroud. Ek doen alles vir hom. Praat met hom oor God, maar dwing dit nie op hom af nie.

Ek is in teendeel baie erg oor hom. Hy het ‘n baie goeie hart. So dit pla my nie wat jy dink nie en of jy nie simpatie met my het nie. My gewete is skoon.

Ek dink ook nie jy ken eers die verhouding tussen hom en my nie. So ek weet nie hoe kan jy se ek veroordeel hom nie. Ons twee het die grootste respek vir mekaar en mekaar se gelowe.

Ek sal NOOIT OOIT sy geloof veroordeel nie.

Louise

————————-

waarop ek antwoord:

————————-

Louise,
Jy skryf op jou blog
“Ek het gedink hy gaan squeel, aangesien hy ‘n Jood is, en hulle nie
baie lief vir betaal is nie”. – dink bietjie daaroor. Sal hy daarvan
hou as hy dit moet lees?

Ek het nie gesê ek het nie simpatie nie, net dat dit my pla.

Sterkte,
Pienk Zuit

————————-

waarop sy toe antwoord:

————————-

Die beste van alles waaroor jy nou so tekere gaan is dat hy dit self
erken!!!!!

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek en hy het ‘n beter verhouding as wat jy ooit in jou lewe met iemand sal he. En dit is MY BLOG. MAG EK NIKS SE DAAROP NIE.

Ek het ook op jou blog gelees, en o wee, nee wat. Los maar.

————————

Nou ja, soos sy sê: o wee, los maar.