Bob Jones Universiteit in Greenville, South Carolina is ” a thoroughly Christian school to train America’s youth”.  Daar word sondes soos mans met lang hare of bakkebaarde, Abercrombie & Fitch se klere en meer as 2 oorbelle vir vroue nie geduld nie.  Daar word ook hoë standaarde vereis van die studente ten opsigte van hulle daaglikse lewenstyl.  Musiek moet inpas by universiteit se standaarde: gemors soos jazz, country en Michael W. Smith (seriously!) word nie geduld nie.  Studente mag nie flieks met enige ouderdomsbeperking kyk nie, en na 11 in die aand moet jy stil wees met jou lig af.  As jy jou meisie uitvat, moet jy ‘n chaparone saamvat, en as jy vir jou ‘n los werkie in die dorp kry om geld te verdien, moet jy weier om alkohol te bedien as jy ‘n kelner is.  Dit lyk egter nie of hulle alles 100% afdwing nie, anders was Ian Cook en Jordan Quackenbush (nee, ek het nie die naam opgemaak nie!) seker al lankal geskors oor hulle sideys wat duidelik verby die middel van hulle ore gaan!

Ek sien hulle gaan op ‘n lekker toer Europa toe, waar hulle o.a. die Vatikaan en die Louvre gaan besoek.  Wonder of hulle sal vra dat die onvanpaste skilderye toegegooi moet word voor hulle gaan kyk?