“… there are many reasons why you might not understand [an explanation of a scientific theory] … Finally, there is this possibility: after I tell you something, you just can’t believe it. You can’t accept it. You don’t like it. A little screen comes down and you don’t listen anymore. I’m going to describe to you how Nature is – and if you don’t like it, that’s going to get in the way of your understanding it. It’s a problem that [scientists] have learned to deal with: They’ve learned to realize that whether they like a theory or they don’t like a theory is not the essential question. Rather, it is whether or not the theory gives predictions that agree with experiment. It is not a question of whether a theory is philosophically delightful, or easy to understand, or perfectly reasonable from the point of view of common sense. [A scientific theory] describes Nature as absurd from the point of view of common sense. And it agrees fully with experiment. So I hope you can accept Nature as She is – absurd. I’m going to have fun telling you about this absurdity, because I find it delightful. Please don’t turn yourself off because you can’t believe Nature is so strange. Just hear me all out, and I hope you’ll be as delighted as I am when we’re through. “

– Richard P. Feynman (1918-1988), from the introductory lecture on quantum mechanics reproduced in QED: The Strange Theory of Light and Matter (Feynman 1985)

Hierdie is een van die beste artikels wat ek nog gesien het in terme van ‘n verduideliking van die wetenskaplike proses aan creationists. Dit verstom my nog steeds as ek met mense praat wat ‘n wetenskaplike agtergrond behoort te hê, bv dokters, wat nie hierdie konsepte ken nie, maar creationist nonsens glo. Hulle glo werklik daar is een of ander globale sameswering (genaamd evolusie) wat net ten doel het om Die Bybel te weerspreek. Hulle kan nie net terugstaan en sien dat evolusie ontstaan het deur die wetenskaplike proses, en dat dit die wetenskaplike toets van herhaalbare bewysbaarheid slaag nie. Dis nie ‘n geloof, of een of ander onbewysbare droom nie, dis die resultaat van jare se navorsing en eksperimente en gevolgtrekkings, wat getoets is, herhaaldelik. Die belangrikste frase hier bo is “whether they like a theory or they don’t like a theory is not the essential question”.

Ek kan soortvan verstaan dat creationism in Amerika ondersteun word, want daar is dit ‘n politieke speelbal om godsdiens weer terug in skole te probeer kry. Maar hoekom intelligente mense in lande soos Suid-Afrika daarvoor val gaan my verstand te bowe. Dis asof ek wil skree “WORD TOG NET WAKKER!”. Ek het onlangs in ‘n gesprek hieroor gehoor dat die persoon “al te veel keer gesien het hoe evolusie gebruik word om vir kinders te bewys daar is nie ‘n God nie, en daarom moet dit beveg word” (vanaf ‘n dokter nogal). So as iemand Newton se gravitasie teorie gebruik om te “bewys” dat gebed nie werk nie, moet ons gravitasie begin ignoreer? Ongelukkig sien hulle creationism as die enigste teenpool vir ethaiste wat evolusie as bewyse voorhou. Gelukkig hoef ek nie die wetenskap te probeer weg verduidelik om by geloof te pas nie.  Teistiese evolusie (sp?) maak vir my baie sin, en dan hoef logiese wetenskaplike denke glad nie vir my ‘n struikelblok in my geloof te wees nie.  Lees meer hier en hier.

Hoekom werk ek my tog so op? Seker omdat soveel van my vriende blind is vir die leuens wat vir hulle vertel word in die naam van “Die Waarheid”.