Enige SA sport ondersteuner moet teen hierdie tyd oortuig wees die Planete is permanent teen ons opgelyn, en dat ‘n Aussie in beheer is van die belyning.

Schalk kry ‘n 4 wedstryd skorsing van ‘n Aussie JO (Judicial Officer) vir iets wat die skeidsregter as skadeloos beskryf het na die wedstryd, ‘n aksie wat die apelkommitee erken nie gevaarlike intensies gehad het nie wanneer hulle sy straf verminder na 2 wedstryde, en erken die JO het ‘n fout gemaak.  Australië speel die volgende week teen Wallis en laat tackles sonder arms is aan die orde van die dag, geelkaarte word uitgepluk, maar niemand word na die wedstryd eers uitgewys nie.

Die Poteas begin die dag as die enigste onoorwonne span in die T20 krieket kampieonskap, en eindig die dag buite die 4 spanne wat kwalifiseer vir die halfeindronde.  Onder die 4 spanne wat wel kwalifiseer is Australië, wat verloor het teen Pakistan en Zimbabwe.  Ja, Zimbabwe!  En daardie verloor tel glad nie teen hulle nie.  Indië dring ook deur, na hulle net 2 van hulle 5 wedstryde gewen het.  Nieu Zeeland dring deur met 2 verlore uit 5.  Die Proteas is uit met 1 verloor uit 5.

Min SA ondersteuners kan egter ook stry dat Graeme Smith se span nou nooit weer die chokers naam gaan afleef nie.  Hulle het geweet dat ons 126 nodig het om deur te dring na Indië 153 gemaak het.  Hulle het nie veel meer as 6 per boulbeurt nodig gehad van die laaste 5 beurte om dit reg te kry nie, met 5 paaltjies in die bank.  En tog het hulle 10 lopies kort geskiet. Chokers.

Dit wil lyk of die noodlot opbou na ‘n katastrofiese onregverdigheid wat die Bokke gaan weerhou van die Wêreldbeker.  Niks sal my meer verbaas nie.