Hoe dom is internasionale sportmanne? Of in elk geval die soort wat van Engeland af kom? Paul Collingwood het klaarblyklik Saterdagaand in die Kaap in ‘n strip club spandeer, die aand voor hulle teen S.A. verloor het op Nuweland.  Die span se PR-man ontken nie eens dat hulle kaptein, ‘n getroude man met ‘n kind, in ‘n Strip club was nie.  Die verskoning is dat hy glo na 1 drankie geloop het en nie tot vroeg oggend daar was nie (ooggetuies sê agter anders).  As mens hoor hoe pedanties die sommige van die reëls is wat sportspanne het kan jy dit amper nie glo nie, hulle word soos kinders gesê hoe lank en hoeveel hulle voor ‘n wedstryd kan drink.  Maar dan sien jy weer karakters soos Collingwood en Flintoff met sy pedalo mannewales, en dan verstaan jy.  Want die Engelse soort is duidelik niks meer verantwoordelik as kinders nie (ok, dronk studente dan).