Stephen Jones, “gerespekteerde” hack van The Sunday Times (Britse een), reken Engeland het ‘n goeie kans vanaand as Mike Catt sake kan beheer.  Mike Catt!?  Whahahahaha.  Hy’s so oud soos Joost van der Westhuizen.  Hy kon skaars O.P. se eerstespan haal in sy jong dae in S.A.  Vanaand gaan Mike terugverlang na die dag toe Lomu bo-oor hom gehardloop het in 1995, terwyl Frans Steyn draaie rondom hom hardloop.