Nou maar reg, soos met die Krieket Wêreldbeker gaan ek my voorspellings gee vir wat gaan gebeur in die Rugby Wêreldbeker (nie dat ek baie suksesvol was in Maart nie). Dis altyd maklik om na die tyd te sê “ek het geweet”, maar as jy voor die tyd al jou sê kan sê, en dan nog reg is, verdien jy baie meer straatkrediet (of sal dit braaivleisvuurgesprekkrediet wees?).   Dus my voorspellings vir die volgende 3 dae se rugby:

Vrydag 7 Sept :
21: 00 – Frankryk vs Argentinië – (SABC2, MNet, Supersport 1) ; Frankryk wen met ‘n paar punte

Saterdag 8 Sept:
13:45 – NZ vs Italië – (SABC2, MNet, Supersport 1) ; NZ met 40 of meer
15:45 – Aus vs Japan – (Supersport 5, CSN vanaf 17:00) ; Aus met 40-50
18:00 – Eng vs VSA – (Supersport 5, CSN) ; Eng met 15-20

Sondag 9 Sept:
14:00 – Wallis vs Kanada – ( CSN, MNet, Supersport 1) ; Wallis met 10-15
16:00 – SA vs Samoa – (SABC2, MNet, Supersport 1); SA met omtrent 30-40
18:00 – Skotland vs Portugal – (CSN, Supersport 1) ; Skotland met 10-15
20:00 – Ierland vs Namibië – (SABC2, CSN, Supersport 1) ; Ierland met 30-40

NS – Ek weet ek kon dieselfde gedoen het op een of ander Fantasy Rugby webblad, maar dan moes ek 1 gaan soek het uit die duisende wat bestaan, en dan hopelik die een kies wat nie na ‘n paar dae ophou werk en dus al die tyd wat ek daarop spandeer het tot op daardie stadium vermors nie (soos met 5FM se fantasy cricket blad vroeër die jaar, wat vir ‘n lang ruk net ophou werk het, en toe my aandag verloor het).