Ateïste reg oor die wêreld jubel en juig, want Moeder Teresa was ‘n ateïs.  Of dit is die afleiding wat baie maak as hulle lees van haar twyfel en geloofskrisisse.  Vir my is dit eerder ‘n bemoediging; dis oraait om te twyfel, om te dink, te wonder.  Dis deel van ‘n pad wat mens stap wat jou geloof versterk, nie ontken nie.