Soos Carien en Hugo kan ek myself soms net nie keer om met mense aan die stry te raak oor wat hulle glo nie. Ek raak gefrustreerd dat mense kan glo dinosaurusse het ‘n paar duisend jaar terug nog saam met mense geleef, en dat die aarde net ‘n paar duisend jaar oud is. Ek moet myself inhou as mense goed sê soos “maar daar staan tog swart op wit in die Bybel dat dit sonde is om gay te wees, waaroor is die debat dan?” Ek begin egter al hoe meer agterkom dat ek maar net so min besig is om christen te wees as die mense met wie ek dan stry. Dat dit rerig nie daaroor gaan nie. Real Live Preacher stel dit in woorde soos ek nie kan nie, so sy woorde moet maar vir my praat.