Mense is naïef, of dom, of lui om te dink. Daarom glo mense goed soos:

– Bill Gates gaan vir jou geld gee as jy ‘n email aanstuur

– die nag van die lang messe

– dat Sylvia Browne die waarheid praat

– die Aarde is plat

– die Apollo maan landings het in ‘n ateljee plaasgevind

Linda Degh sê dit mooi: “”The mass media catapult these half-truths into a kind of twilight zone where people can make their guesses sound as truths. Mass media have a terrible impact on people who lack guidance.”

Die Golf Digest het my effe verbaas deur toe wel my brief oor magnetiese bandjies te plaas.  Ek was egter nie verbaas dat die redakteur dit verdedig het met ‘n swak antwoord nie.  “Magnotherapy has been around long enough for people to make up their own minds about it”.  Presies my punt, It’s all in the mind!