Ek soek voorstelle vir ‘n lekker spanbou tipe uitstappie. Die kriteria is as volg:

– Tussen 60 en 80 mense moet kan deelneem
– Moet in die Boland of Kaapse Skiereiland area wees
– Verkieslik ‘n daguitstappie (oorslaap maak dit moeilik en duurder)
– Die groep bestaan uit ingenieur-tipes, ouderdomme tussen 25 en 60

Die huidige wen voorstel is ‘n uitstappie na die planetarium en akwarium in die Kaap.  Enige ander voorstelle wat iets meer kompeterend behels (paintball is effe te geweldadig & aktief vir die teikengroep, maar iets soortgelyks)?