“As jy hierdie epos aanstuur gaan Bill Gates vir jou R5 gee vir elke adres waarna jy dit stuur, en op die koop toe ‘n nier skenk vir ‘n siek dogtertjie wat dit nodig het.”

“As jy hierdie epos aanstuur sal Nelson Mandela R5 gee om die Springbok embleem te red, en jy sal ‘n gratis selfoon van Virgin Mobile af kry.”

“Stuur hierdie epos aan om die aaklige fliek wat laster teen Budha, gemaak deur ‘n groep kommunistiese gay mans, te stop. As ons Budhiste maar net so sterk oor ons geloof gevoel het soos die moslems!”

Wanneer jy een van hierdie kettingbriewe kry, is daar ‘n paar aksies om uit te kies:

– “Reply toe all”, verduidelik mooi dat dit ‘n hoax is, met ‘n link na snopes.com toe om dit te staaf. (Dankie tog vir snopes)
– Reply, en skryf “UNSUBSCRIBE” in jou epos.
– Skryf ‘n sarkastiese epos terug oor hoe dom ‘n mens moet wees om die tipe snert te glo, en dit dan nog aan te stuur ook (“Ek probeer maar, dalk werk dit!” is selfs nie ‘n geldige rede om dit aan te stuur nie)
– Ignoreer dit.

Die laaste opsie sal geensins help dat jy minder sulke gemors ontvang nie, maar dit gaan jou ook nie vriende kos nie. Enige ander voorstelle?