Ek is al klaar weer besig om myself op te wen van opgewondenheid oor die rugby wêreldbeker in September/Oktober.  Die Bokke lyk goed, goed genoeg om dalk die All Blacks ‘n goeie game te kan gee.  Maar ek vra myself af hoekom ek nog nie geleer het uit elke liewe vorige keer wat SA sport my teleurgestel het nie?  Hoekom word ek opgewonde, net om weer teleur gestel te word?  Om maar elke keer weer te hoop, weer teleur gestel te word, en dan weer daar oor te kom en weer te hoop; is dit dom of is dit maar hoe mens die lewe die moeite werd maak (ek praat natuurlik van veel meer as sport hier)?

Ek hoop die Bokke wen selfs verder as laas naweek.  Engeland moet so verneder word dat die anale van rugby die bladsy met November 2002 uitskeur en Mei/Junie 2007 in die plek daarvan plak.  Ek dink darem nie ek sal hierdie naweek teleur gestel word nie, maar kom die wêreldbeker is dit waarskynlik weer die ou storie van teleurstelling.