Helderberg gemeente het onlangs met ‘n alternatiewe bediening begin, om uit te reik na mense wat nie meer tuis voel in die kerk nie. Hulle blog sê dit eintlik beter:

“Die alternatiewe bediening nooi mense wat seergekry het in die kerk, vrae oor God het, ontnugter is met die kerk en nie meer binne die huidige strukture van die kerk tuis voel nie om reguit en openlik met ons te kom gesels. Ook diegene wat hulle geloof verloor het maar steeds behoefte het om daaroor te praat is welkom.”

Hulle hou Woensdae om 19:00 ‘n koffiekerk by Imibala in Somerset-Wes (Bright straat), waar almal hulle idees kan deel.

“Die alternatiewe bediening glo dat mens die reg moet verdien om oor Christus te praat.”