Soos Rendier, het ek gaan kyk na onlangse soektogte wat na hierdie blog gelei het :

Hoe kan ons die Lammervanger beskerm?   Moenie worry nie, hy’s inOz, die plek waarna toe mens padgee as jy onveilig voel hier, so ek is seker hy is redelik veilig.

Hoekom moet ek kerk toe gaan? Jy kan as jy wil, maar jy hoef nie.

Wat is in en wat is uit vir 2007?  Graeme Smith is uit (na ‘n dom besluit), en Luke Watson is in (na ‘n dom besluit).  En ek bid vir die dag wat plastiekklompe van “in” na “uit” skuif.