kissthisguy.com is ‘n webblad waar mense vertel van liedjies waarvan hulle die lirieke verkeerd gehoor het, en hoe hulle uitgevind het wat die regte lirieke is.  Paul het byvoorbeeld Bryan Adams se Summer of 69 as volg gehoor:

Got my first real sex dream, I was 5 at the time.
Played it till my fingers bled.

It was the summer of 69.

of Tommo wat gedink het Australië se volkslied begin so:

Australians all eat sausages.
Four minus one is three.

Enige snaakse lirieke wat jy gehoor het?