Almal het ‘n plek waar hulle voel hulle rêrig tuis hoort. Daar waar hulle hart is. Waar jy so bietjie van daardie vrede kry waarna almal opsoek is. Myne is op ons plaas in die hartjie van die Karoo, naby ‘n klein dorpie Williston. As jy daar kom na maande van die stadsgeraas, kan jy die eerste aand nie slaap nie, want dit is net te stil. Jou ore maak so suis geluid en dit voel of jy die bloed deur jou kop kan hoor vloei totdat dit binne jou ook stil raak…

croplam.jpgDie woorde van Zinkplaat se Niemandsland beskryf hierdie stukkie aarde nogal goed. Ek het my gunsteling frase in vet gedruk.

Het jy al ooit gewonder wat is niks
en waar... is nêrens
Waar...kom die weste-wind vandaan
en waar gaan die son as dit ondergaan
dis daar waar die stiltes jou ore laat suis
en jy vergeet van die wêreld se gedruis
want die vlaktes lê oop en misterieus
en miskien is jy nou op 'n stukkie van die maan
maar iewers tussen Williston, Carnavon en Brandvlei
is daar iets wat ek probeer verstaan

Koor:
Wat's vaaler as as vaal
wat's kaler as poedel-nakend-kaal
Wat's meer in die middel as die middel van nêrens
iewers tussen 'n windpomp en 'n telefoonpaal
Daars niks... nêrens, in niemandsland
Daars niks... nêrens, in niemandsland

Dis daar waar jy orals, nêrens heen ry
en selfs die skape aan depressie ly
Daars niks wat lewe nie, alles is dood
en hoe ver moet 'n mens ry, net vir 'n gesondheidsbrood
Alles is skakerings van wit en swart
die enigste teken van lewe is net 'n bottel in die teerpad
Het God vergeet om dit in te kleur
of wou Hy ons iets van eenvoud leer
Ek wens en kon 'n stukkie saam my vat
van hierdie wêreld sonder 'n afdraai pad

Die pad en die horison loop parallel
na iewers ver waar jy jou storie kan vertel
Die lug so blou en die horison volg jou
vir 'n oomblik dink jy...jy verstaan nou

Woorde & Musiek: Bertie (Bewerig) Coetzee
TAB: Gerrit Viviers (14806614@sun.ac.za)