As jy in die Stellenbosch omgewing is en lus is vir ‘n bietjie pret, en (hopelik) gratis bier, kom sluit aan by die blogosfeer quiz span by die Black Bull in Technopark, hierdie komende donderdag (3 Mei). Die pizza is nogal nie sleg nie, so ons eet sommier iets daar. Die prys vir elke rondte se wen-tafel is 2 liter bier, so die bier is potensieel verniet. Dit begin so 20:00, so probeer so 5 of 10 minute voor dan daar wees. Dit hou aan tot so 22:00, so jy kan laat kom ook as jy wil (maar sal proporsioneel minder bier moet drink as straf). As jy kan uitfigure watter tafel ons is, is jy outomaties slim genoeg om in die span te wees. As jy lus is, en dink jy gaan kom, RSVP sommer hier sodat ons ‘n idee het of ons self die moeite moet doen om op te daag.