Dit het ‘n besoek aan my tuisbaan oor die naweek gekos om my sethou weer nader aan reg te kry. Dit gaan alles oor die ritme van die terugswaai het die plaaslike Pro my geleer.

127_2718.jpg

1ste Bof

127_2715.jpg

18de setperk (a.k.a. Brown)

126_2699.jpg

Die klubhuis

As jy wonder waar die gras is, die plaaslike skool se skoollied bevat nie verniet die woorde “in ons aangename droë Karooooooooo” nie. Die skoonveld is ‘n strook waar die bossies en graspolle skoon geskraap is, en die setperke is sand en olie wat gemeng en vas gestamp is. Die setperk word weer glad gevee na elke groep klaar geset is, gereed vir die volgende groep (die vee-apparaat kan in die voorgrond van die 2de foto gesien word). Elke speler dra ‘n stukkie plastiekgras (astro-turf) saam, en as jy in die skoonveld lê kan jy jou bal daarop plaas. Uit die rof moet jy jou bal speel soos hy lê, en ongelukkig lê hy meestal reg onder, of binne-in, ‘n bos of graspol. Verder werk dit maar soos gholf op enige “gewone” grasbaan.

Dis nie net in die aangename droë Karoo, tussen koppies op die vlak, waar die somerson ons bak, waar daar so gholf gespeel word nie. Daar is ‘n jaarlikse World Sand Golf Championship in Abu Dhabi, op ‘n soortgelyke baan. Hier is ‘n paar foto’s van die 2005 weergawe (sien www.worldsandgolf.com):

Miguel Angel Jiminez tussen die palms.

Colin Montgomerie speel uit die rof.

Diana Luna dra haar stukkie skoonveld saam met haar.