My resep:

– 12 Kersietamaties, lekker ryp ( die skil moet al lyk soos jou ouma se voorarm)
– 1 of 2 Chorizo worsies, opgesny (vir die vegetariërs, mens kry glo vegetariese chorizo’s)
– Halwe teelepel gekapte knoffel
– 1 Chili, gekap. Die soort chili hang af van hoe warm jy dit wil hê. Ek verkies Tabasco of Habanero chili’s, vars uit ons tuin.
– Genoeg olyfolie om die om die pan se bodem amper toe te maak.
– Vars basiliekruid en pietersilie uit die tuin.
– Olyfpasta (My gunsteling Fruit & Veg produk). Heel olywe kan seker ook gebruik word, ontpit net eers.
– Spaghetti

17-04-07_1946.jpg
Braai die knoffel, tamaties, chorizo en chili in die pan met olyfolie, op medium hitte.
17-04-07_1947.jpg

Kook die spaghetti in water met ‘n bietjie sout en olyfolie. Ek hou daarvan om dit nie kleiner te breek nie, maar as jy ‘n pasta-beginner is wat sukkel om lang spaghetti te eet, breek dit eers kleiner.

17-04-07_1949.jpg

As die tamatie en chorizo lekker gebraai is (so 10 minute), voeg omtrent 2 eetlepels se olyfpasta by en roer deur.

17-04-07_2000.jpg

Kap die vars basiliekruid en pietersilie op en voeg dit ook by. Gee alles kans om op lae hitte bietjie smake te meng.

17-04-07_2002.jpg

Gooi die spaghetti se water af, en voeg by die ander bestandele in die pan. Gooi nog ‘n bietjie (3 of 4 eetlepels) olyfolie oor alles en meng deur.

17-04-07_2008.jpg

Garneer met pietersilie. Voilà – Pienk Zuit se Spahetti con chorizo.

Bedien 2, waarvan ten minste 1 baie honger is.