Ek sien op ‘n poslys waarop ek is, dat die Afrikaans vir spam (daardie verpeslike advertensies en ander ongevraagde epos wat mens kry) glo pespos is.  Antwoord een van mense op die poslys:

“Ek sou sê die helfte van die spam wat ek kry geld as kompos“.

Hy verwys seker na al daardie Viagra advertensies wat mens kry.