Johan se post oor die Skrywersgala by die woordfees, en hoe min jongmense daar was, het my laat dink aan Afrikaanse kunstenaars (daarmee sluit ek enige soort kuns in). Hoekom is daar nie meer Deon Meyers wat boeke skryf wat lekker is om te lees nie? Hoekom moet Afrikaanse literatuur ‘n sedepreek wees oor verlore onskuld of selfmoord of die emosies van seewier? Hoekom was my Afrikaanse voorgeskrewe boeke op skool so aardskuddend vervelig (Kringe in ‘n Bos die enigste uitsondering), terwyl van die Engelse boeke nou nog van my gunstelinge is? Hoekom is kuns wat deur die massas geniet word outomaties nie goeie kuns nie? Kuns word geskep om iets oor te dra, maar tog ook om te vermaak. Riku Latti het onlangs op Litnet af gegaan oor ander sangers wat volgens hom karaoke om geld te maak, en nie die woord kuns werd is nie. Die vraag is dalk eerder hoekom sogenaamde “goeie kuns” dan nie gewild is en geld maak nie.