Pienk Zuit het my gul en ruimhartig toestemming gegee om so nou en dan ‘n eiertjie op sy blog te lê.  Ek het hom belowe ek sal nie van sy geheime uitlap nie en probeer om intelligente en ammusante posts te maak.  Ek het ongelukkig 2 probleempies wat ek sommer al so aan die begin op die tafel (Blog) wil lê.

1.  Ek kan nie spel nie  (dit sal miskien sorg vir die amusante deel)

2.  Ek kan nie links en regs van mekaar onderskei nie.  (hopelik nie te groot                                  probleem nie.  Moet net nooit my rigting aanwysings vertrou nie)

Vir verdere vermaak: dis hoe ek gelyk het toe ek 10 jaar oud was.

Groetnis

Minelli                                                                                                                  foto.jpg