Ons almal hou daarvan om goed verniet te kry.  En om goed verniet weg te gee gee mens ook soms so ‘n warm gevoel.  Hier’s jou kans om goed verniet te kry, en goed weg te gee:

Boeke : BookCrossing is wonderlike konsep.  Jy los boeke op plekke waar ander mense dit kan optel, en lees, een weer later vir ander mense op ‘n ander plek los.  Jy merk die boek met ‘n unieke ID, en dan kan jy die boek se doen en late op die webblad volg soos hy rondreis.  Op BookMooch ruil jy boeke oor die pos.  Ek het nog nie een van hulle gebruik nie, maar ek gaan vir seker beide s.g.m. uitprobeer.

Wit Olifante : Al die goed wat jy nou al maande of jare opgaar, maar nie die tyd of krag het om van ontslae te raak nie, kan nou ‘n ander huis kry.  Jy stuur bloot ‘n epos jou plaaslike freecycle groep se poslys en as iemand anders dit wil hê kom haal hulle dit by jou.  Die enigste vereiste is dat dit moet heeltemal gratis wees.  Freecycle Kaapstad se webblad is hier.  Ek het al ‘n paar keer goed gegee en ontvang (o.a. ‘n ou warmwatersilinder, ‘n rekenaar-videokaart), en die hele proses werk baie goed.