brendan-venter.jpg

Hierdie storie verskyn in die nuutste uitgawe van die wydgelese Greenways News. Klaarblyklik is Brendan Venter in die moeilikheid, want hy het stry opgetel met Greenways, die behuisingskompleks waar hy bly, se trustees. Alles gaan oor ‘n lamppaal wat voor sy huis staan en hy wil laat verwyder. Die trustees wil hom egter nie toelaat nie, en na vele briewe en gesmeek neem hy toe reg in eie hande en loop die paal toe storm met sy skouer “soos toe hy ‘n kranige Springboksenter was”. Ek weet hierdie berig gaan vir Lammervanger tot groot kommer wees, want Brendan Venter was nog altyd een van sy groot helde, selfs hoër op sy lys as Ockert Brits en Wayne Ferreira.