Download the SABC 3 cricket world cup broadcast schedule.

Die goeie nuus vir vandag is dat die SAUK gaan sorg dat die van ons sonder DSTV darem heelwat van die wêreldbeker krieket gaan kan sien.  Hulle saai die meerderheid van wedstryde lewendig uit (o.a. alle wedstryde waarin S.A. speel), en die res met ‘n vertraging of as hoogtepunte.

Ek kan dit amper nie glo nie, eers verbaas Telkom my verlede week, nou die SAUK.  Wat word van ons tradisie van swak diens?