Tshepo Legodi is duidelik iemand wat uitmaak (“he gets it”). Met die groot geraas en verontwaardigheid wat gevolg het na die ou S.A. vlae wat gewaai het by die Bokke se toetse op Twickenham, kom dit toe uit dat daar ‘n swart man was wat die vlag geswaai het. Wat dit natuurlik bitter ongemaklik gemaak het vir die mense wat summier die ou-vlag-swaaiers afgemaak het as rassiste. Hopelik het daardie mense toe bietjie verder gedink : dalk was daar ‘n ander rede hoekom party mense die vlag swaai as rassisme. Dalk is dit hoekom vryheid van spraak so belangrik is.

Nou kom dit uit dat die swart man met die vlag se naam Tshepo Legodi is, en dat hy die ou vlag gewaai het vir eenheid onder S.A.-ners (dankie news24.com). Waarskynlik was van mense met die ou vlag rassiste, en het hulle dit gewaai om uitdagend en uittartend te wees, maar dit maak Tshepo se ou vlag net soveel meer simbolies van eenheid, en ontlont hulle uitdagende houding op die beste moontlike manier.

Volgens hom:

“You could say that I did it for unity.

“I don’t carry a chip (on his shoulder) and I don’t dwell on the past.

“I think that if people reach a point where they can accept the past, it will no longer be able to cause hurt.

“The apartheid years were bad, but I’m not going to pretend it never happened.

“The old flag is part of my history, too. What are we going to tell our grandchildren one day?

“I’d like to be able to show them that I’ve moved on.”

en ook:

“I think most of them saw the humour in it. And, why not? I think South Africans should take care not to be overly sensitive.

“The old flag, in its day, represented the entire South Africa and not everyone was racist, by any means.

“They were proud South Africans, who are now just as proud of their new flag.”

“I actually had both flags there. A black man with the old flag and the new flag – what better symbol of unity can there be?”

Is dit al te laat om hierdie ou die volgende president te maak?

Update:
Legodi in sy eie woorde (danksy http://www.rugby365.com).