(foto by cricinfo.com gekry)

Vandag, 7 jaar gelede het Engeland die laaste toets in die reeks gewen nadat Hansie Cronje en Nasser Hussain elk ‘n kolfbeurt opgegee het om ‘n uitslag in die toets te probeer verseker.

Ek lees nou die boek ‘…And Nothing But The Truth’? deur Deon Gouws. Nogal interessant om na ‘n paar jaar weer te dink oor daardie tyd, hoe mens gevoel het oor al die stories en aan wie se kant jy was.

NS – Ek het onlangs verneem daardie allemansvriend Prof het kontak met einste Deon Gouws. Dalk kan Prof hom oorreed om ‘n virtuele “book signing” te doen, waar ons vrae oor krieket, finansies en die weer in Londen aan hom kan stel.