Ek kry altyd ‘n soort lekker (waaroor ek soms later skaam is) as grootbek onderpresteerders op hulle plek gesit word. Daarom het ek nogal lekker gekry toe Engeland se MBE draende krieketspan met ‘n 5-0 uitslag weer op hulle plek gesit is, al is dit deur ‘n klomp ander grootbekke soos Australië.

Die 2 snaakste goed wat ek daar rondom gehoor het is Kevin Pietersen se bynaam : Figjam (Fuck, I’m Good, Just Ask Me), en Geoff Boycott (wat bietjie meer as net een reeks om die As gewen het om sy MBE te verdien) wat af gegaan het oor hoe belaglik dit is dat die hele Englese span MBEs gekry het na hulle oorwinning in 2005: “I feel so bad about mine I’m going to tie it round my cat. It doesn’t mean anything anymore. It’s a joke.”