Aangesien more my laaste dag by die werk is hierdie jaar, gaan ek sommer nou die kersgeskenke uitdeel.

Aan Minter, ‘n lisensie wat in SA geldig is, ‘n nuwe ID boekie en ‘n kursus in SA street smarts sodat sy CDs nie weer gesteel word nie.
Aan Lammervanger, ‘n nuwe ware Ozzie liefde.
Aan Do Kwang, Kaaspastytjie en Kwam Oem, ‘n uil afweerder en ‘n waterbottel vir wanneer ons weer ‘n slag saam spin.
Aan Maeree en HVDH, ‘n swaai vir hulle tuin / stoep.
Aan Maksideem, ‘n hoed wat sê “I live in Manly” om te dra as hy uitgaan en chicks wil impress.
Aan Dorothy, ‘n fitness instructor wat soos Billy Joel sing en Arnold lyk.
Aan Arcadia, Lost Girls, Mafikeng biblioteekkaartjie en haar eie Lily.
Aan Carien, ‘n mediese fonds, ‘n rusbank vir haar leë woonstel en Wild Riders sodat die dominee haar nie uitvang as sy dit self koop nie.
Aan Rondloper, ‘n gasteboek vir sy nuwe gastehuis, en ‘n proudly south African t-shirt om op sy reise te dra.
Aan Voetstoots, ‘n bottel boontjies om te tel, en ‘n 2 fotos van Graeme Smith en John Smit wat elk ‘n wêreldbeker vashou (sal moet wag tot volgende jaar om dit te kry egter).
Aan Margie, the Book of Lists.
Aan Adam, ‘n pak rainbow coloured jockeys (te veel wit is nie goed vir mens nie).
Aan Henno, The Perfect Storm op DVD, aangesien hy teleurgesteld was in Typhoon Durian .
Aan Rooi Neger, ‘n limo vir wanneer hy Bermuda se president word. Ek twyfel nie vir een oomblik dat hy dit sal afpull nie. Om die waarheid te sê, hy sal nie eens staan in die verkiesing nie, hy sal sommer net die huidige prez se job bum.
Aan Emmy, gm, jobs by hulle gunsteling publikasies.
Aan Marissa, boeke; baie boeke. En ‘n boek om ‘n lys te maak van die ander boeke.
Aan Klagat, ‘n eenrigting kaartjie terug SA toe en ‘n subskripsie vir die SA Good News.
Aan Rendier, een aand se deurslaap per week.
Aan Johan, ‘n Jurie Els CD.

As jou geskenk nie voor Kersfees in die pos opdaag nie, onthou dis die gedagte wat tel. Ek is eers na more eers weer in Januarie op my pos, so hierdie is waarskynlik die laaste post van 2006.