Een van die grootste stories rondom die Bokke se patetiese toer in Ierland en Engeland gaan mos oor die kontroversie daar rondom dat mense die ou SA vlag gewaai het. Nie net by die wedstryde nie, maar sommer ook op die lughawe toe die Bokke hier aankom. Brielie het ‘n hele relaas geskryf oor hoe almal oorreageer, en ek wil nie die punt herhaal nie.

Ek wil eerder skryf oor my mening dat ons die vryhede, o.a. vryheid van spraak, wat ons land so duur voor betaal het nie lief genoeg het, of goed genoeg beskerm nie. Ons behoort ‘n attitude te hê wat sê : “mors met ons konstitusie en jy mors met my land”. Of ek ‘n aanhanger van die ou vlag is of hom haat is nie ter sake nie (glad nie ‘n aanhanger nie). Ek is ook nie ‘n aanhanger van Jacob Zuma se gunsteling struggle liedjie “bring me my machine gun” nie. Ek voel dat dit net so veel doen om verdeeldheid in ons land te bring en net so konfronterend is as om die ou vlag te swaai, maar dit beteken nie ek wil hê hy moet verhoed word om dit te sing nie.

Soos Voltaire gesê het: “I may disagree with what you have to say, but I shall defend, to the death, your right to say it.”