Dorothy wil die inhoud van ons handsakke of mansakke sien. Ek het nie ‘n handsak of mansak nie, maar gebruik gewoonlik my broek se sakke om alles in rond te dra (dis my selfoon daardie, ek is nie rerig so bly om jou te sien nie). Ek dump gewoonlik alles uit my broeksakke uit in my lessenaar se boonste laai, en vat weer wat ek nodig het wanneer ek huis toe gaan. Die gevolg is dat die goed wat ek nie weer nodig het nie daar opgaar. So my laai is die naaste wat ek aan ‘n handsak kom:

1 x motorsleutels
1 x blou highlighter
1 x Fine Foods pakkie mild mustard (die soort wat mens met jou tande stukkend skeur en op jou hotdog spuit)
1 x Fine Foods tamatiesous pakkie
1 x DB9 connector, male
1 x paspoort
1 x Bush draagbare radiotjie (walkman), gekoop by Argos. Om krieket te kan luister by die werk.
1 x sleutel vir werk se anonieme suggestion box
1 x usb verlengkoord
1 x salarisstrokie (November)
5 x CD-ROMs (drywers vir diverse goeters)
1 x leë banksakkie
1 x lëe, gebruikte koevert (posseël sê Isle of Man, moet seker van my Britse Bank af wees)
1 x sonbril
1 x beursie
1 x fotoblad van mede-werkers by maatskappy om almal se name te leer
1 x advertensie vir “Pepe Cuts – Unisex”