Kent Hovind, of te wel Dr. Dino, is skuldig bevind aan belastingontduiking, en kan moontlik tot ‘n maksimum van 288 jaar agter tralies sit. Dit beteken seker dat “Dr” Hovind se skedule nou sal moet aangepas word. Nou sal hy maar sy “wetenskaplike” praatjies teen evolusie in die tronk se bib moet gee. Hoop hy kry darem ‘n paar mede-skelms wat kom luister, anders gaan dit ‘n laaaang 288 jaar wees.