Die wit ruggraat in die klip is van iets wat voor die dinosaurusse al geleef het. Nou is dit ‘n fossiel in die rivier agter die uilehuis. Die fossiel toer was vir my baie meer interessant as die uilehuis, en verdien defnitief ‘n besoek. Ons was eers nie van plan om eens na die fossielmuseum toe te gaan nie, maar die kaartjie vir die uilehuis sluit dit in, so toe gaan ons maar. Ek kan rerig nie verstaan hoe mense kan glo dat die aarde net ‘n paar duisend jaar oud is as daar sulke mooi bewyse tot die teendeel is nie.