Ek’s terug na ‘n week van vakansie in die Oos-Kaap. Wat ek nou gaan sê bevestig seker my Stellenbosch-snobisme, maar ek bedoel dit as ‘n groot kompliment: ek was baie aangenaam verras deur die Oos-Kaap. Dis ‘n pragtige deel van ons land waar ek nog net altyd deur gery het sonder om vir lank genoeg te stop. Die wat in spanning wag om te sien hoe Maeree en HVDH se hometown lyk, julle sal tot more moet wag, ek het ongelukkig my kamera vandag vergeet.

(PS pienk maand is verby, daarom het die kleurskema verander)